VERGOEDING VAN BEROEPSBESERINGS EN SIEKTE WET, 1993
NYWERHEIDS GRADERING Nywerheids gradering is gegrond op die beginsel dat vir die doele van waardebepaling, 'n besigheid beskou moet word as 'n eenheid insluitende alle operasies en inkomste en moet nie geskei word nie behalwe vir operasies waarvoor spesiale voorsorg getref is. b.v. Steengroefwerk, konstruksiewerk, ens. In hierdie geval, is skeiding verpligtend.
VIR GRADERINGS DOELEINDES IS WERKGEWERS IN 23 KLASSE VERDEEL, NAAMLIK; I-V Primêre Nywerhede (Boerdery, Vissery, Mynwerk en Konstruksiewerk) VI-XIII Secondêre Nywerhede XIV-XXIV Dienste (Verspreiding, Finansiële, Vervoer, Plaaslike Owerhede, Persoonlike Dienste, Professionêle Dienste, Onderwys, Liefdadigheidswerk, Godsdiens,Handelsorganisasies, ens.)
Elke klas bestaan uit een of meer sub-klasse waarvoor afsonderlike graderings vasgestel is.
ELKE KLAS DRAY SY EIE ONGELUKSKOSTE Die koste is vasgestel volgens die klas van die nywerheid van die werkgewer op grond daarvan dat elke nywerheid genoeg inkomste moet genereer om die koste van ongelukke tydens die jaar van waardebepaling en die administrasie koste te dra.
Dit verseker dat elke klas en sub-klas sy eie onkoste van ongelukke dra, en dat elk van die 23 klasse, 'n wedersydse versekering vereniging van werkgewers is.
Die tariewe word jaarliks hersien en van tyd-tot-tyd aangepas, indien nodig, om die vereiste inkomste van elke jaar te genereer. Enige verhoging of vermindering hang af van hoe gereeld en ernstig die ongelukke in elke klas is. Dit is gevolglik in die belang van werkgewers, behalwe humanitêre oorwegings, om ongelukke te verhoed, en om hulle werknemers se hulp te verseker.
KLAS 1 -LANDBOU, BOSBOU, ENS..
 Hoofsaaklik veeboerdery en enige ander landbou operasies wat nie volgens die sub-klasse geklassifiseer kan word nie, is onderhewig aan die koste van hierdie sub-klas.
Die kweek van oesters; skaapskeerdery; dippery kontrakteurs; die organisering en aanbieding van landbou skoue; patrolering van toesig.
Landbou operasies waar die boer hofsaaklik in bosbou, plantegroei en/of oesting boerdery (grondbewerking/enige tipe oes) behalwe die aanplanting van suikerriet en tee; en het een of meer trekkers en/of elektriese sae; die sny van gras; die saampersing en verpakking van kaf, lusern, ens.; die aanplant van orgideë; ploegwerk; die afdop van grondneute en/of dorswerk as 'n besigheid.
L.W. Indien die afkap en/of saagmeule bedrywighede nie beperk is tot 'n werkgewer se eie plantasies nie, sal hierdie operasies ingevolge Klas viii gegradeer word.
Landbou operasies waar die boer hofsaaklik met vee boer en 0116 grondbewerking doen op 'n gelyke skaal, en het een of meer trekkers en/of elektriese sae.
Landbou operasies waar die boer besig is met die aanplanting van 0118 suikerriet en/of tee; suikermeule insluitend suikerriet, laai, weeg, ens.
KLAS III - VISSERY
Vissery, kreefvang, robbe vang, ens. - alle operasies insluitende die instandhouding van bote en die aktiviteite van alle personeel wat op die see werk maar buiten die verwerking op land; fabriek skepe - alle operasies.
KLAS VI - MYNWERK, STEENGROEFWERK, SANDKUILE, ENS.
Ondergrondse mynwerk (behalwe steenkoolbedryf) en/of prospektering vir enige tipe mineraal, metaal en edel of halfedelstene waar sulke aktiviteite deur middle van skagte, tonnels en hystoestelle; mynhoop kontraktering.
Steenkoolbedryf
Dagmynwerk, insluitende leigroefwerk maar behalwe steenkoolbedryf en steengroefwerk wat elders genoem is; herwinning van diamante van die see; spoeldelwery en/of oppervlaks werkings in verbinding met die herwinning van of prospektering vir enige tipe mineraal, metaal en edel of halfedelstene; die bewerking van sand; gruis en kleiputte; die herwinning van goud uit mynhope; die bewerking van soutpanne; boorwerk vir prospektering.
Steengroefwerk, vuurklap, kalk, ens., insluitende die breek van stene en alle ander operasies in die verband.
KLAS V - KONSTRUKSIEWERK, ENS.
Alle bou-operasies, insluitende sloopwerk; dak kontrakteurs; verf en pleistering wat nie elders gegradeer is nie; die oprigting van grafstene, die konstruksie van swembaddens, insluitende instandhoudingswerk wat nie as 'n afsonderlike besigheid bedryf word nie; elektriese kontrakteurs; (Waar die bogenoemde konstruksiewerk aan geboue hoër as twee verdiepings of ander strukture hoër as 12 meter behels, sal die risiko spesiaal gegradeer word).
(i)Plafon kontrakteurs, die installering van vloere, die uitlegging van houdvloere, gasloodgietery insluitende huishoudelike rioolpype waar sulke operasies verbandhou met loodgieterswerk; vloer en muur teëlwerk; konstruksie van sportgronde; asfaltwerk as 'n afsonderlike besigheid; die installering van brandbestryding van toestelle; tuinaanleg; tuindienste; die konstruksie van sypaadjies; anti-gronderosie
W.Cl.150T(E) (ii)Die skoonmaak van venster.
iiiDie oprigting van reklameborde insluitende naamskilderwerk op geboue.
ivDie instandhouding van swembaddens as 'n afsonderlike besigheid.
Enige tonnelwerk, steenboor en/of opblaaswerk aan enige struktuur of waterwerke wat nie elders gemeld word nie of in verband met sanitêre geriewe en of die konstruksie van rioolpype; die grawing van waterbronne
L.W. Die regstreekse inkomste van werknemers wat aan die operasies werk moet geskei word tensy die werkgewer tonnelwerk, steenboor en/of opblaaswerk as 'n besigheid bedryf wanneer al die inkomste aan hierdie koers onderhewig is.
Die boor van water en enige ander boorwerk wat nie elders gemeld word nie.
Operasies van siviele ingenieurs insluitende grondverskuiwing wat nie elders gemeld is nie; die uitlegging van paaie, besproeiing slote konstruksie, sanitêre ingenieurs en/of rioolkonstruksie; die konstruksie of herstel van brûe; spoorkonstruksie; damkonstruksie; die konstruksie van 'n golfbreker en/of hawens; die verstewiging van staalwerk.
aL.W. Die regstreekse inkomste van werknemers wat tonnelwerk, steenboor en/of opblaaswerk doen, is onderworpe aan die koers vir sub-klas 0502.
b Asfaltwerk aan paaie en strate word beskou as 'n operasie wat met die uitlegging van paaie verband hou. Operasies van 'n asfalt kontrakteur wat ook paaie en strate uitlê, is onderworpe aan die koers vir hierdie sub-klas.
Die instandhouding en die bewerking van besproeiings en waterwerke wat nie andersins gemeld word nie.
Die oprigting en/of afbreek van staalstrukture en aanlegte insluitende staal-ingenieurswese; die oprigting van en/of afbreek van stellasies; enige werk wat verband hou met die verbetering, herstel of afbreek van geboue, torings of skoorstene hoër as 12 meter, as 'n besigheid.
Die installasie van hysbakke, verhittings, ventilasie en/of verkoelings skagte; herstel-en/of instandhoudingswerk wat as 'n afsonderlike besigheid bedryf word; die oprigting en/of herstel van windmeule en heinings as afsonderlike besigheid; die oprigting van elektriese heinings.
KLAS VI - KOS, DRANKIES, TABAK, ENS.
AAlle operasies in verband met die groot-en-kleinhandel in vleis wat nie lders genoem word nie; slagpale, bereide spek en vleis; die vervaardiging van vleisekstrak; die vervaardiging van geblikde vleis en verwante produkte; die handel en hanteering van vee; die skoonmaak van afval as 'n aparte besigheid; die vervaardiging van vetsmeer of verwante produkte as 'n aparte besigheid.
Suiwelboerdery, insluitend melkdepots; botter en kaas fabrieke; room en kondensmelk fabrieke; roomys fabrieke; die operasie van koelstooraanlegte.
Die verwerking van vis en/of kreef op land
Die verpakking, gradering en of storing van vars vrugte.
Die vervaardiging van konfyt; die inlê van vrugte, groente, kos, ens., insluitende die verpakking en stoor daarvan, ens., die vervaardiging van gedroogde kos.
Koring en graan malery insluitende verspreiding wat vanaf die meule gedoen word; die vervaardiging van graankos; die vervaardiging van grondboontjie produkte; die vervaardiging van olie vir huishoudelike verbruik (ander as vis en katoenolie)
Bakwerk, soetgebak, beskuit, sjokolade, kakao, en/of die vervaardiging van lekkers insluitende winkels vir die verkoop en verspreiding van bogenoemde produkte indien sulke winkels en depots deur of namens die vervaardigers van bogenoemde produkte bedryf word.
Die vervaardiging van dierekos; die malery van lusern; die vervaardiging van oester skulpe; die maal van kerriepoeier, die vervaardiging van jellie; die vervaardiging van pasta; die vervaardiging van pekel en souse; asynwerke behalwe as dit in verband met wynmakery bedryf word, dan sal die koers van sub-klas 0642 van toepassing wees; die vervaardiging van skyfies as 'n aparte besigheid; die vervaardiging van stysel; die vervaardiging van glukose en suiker produkte; die vervaardiging van gis; uiteenlopende kos produkte wat nie elders genoem is nie.
Die vervaardiging van mineraalwater; die vervaardiging van vrugtestroop; die vervaardiging van vrugtesap en konsentraat (wat nie elders genoem word nie); bottelary as 'n afsonderlike besigheid.
Die brouery en/of die vervaardiging van mout insluitende verspreidingsdepots.
Die behandeling van wynsteen en wynmoer; die meng, distillering en/of vervaardiging van spiritus drank, insluitende wynmakery; die vervaardiging van druiwesap en/of druiwestroop, insluitende die vervaardiging van geursel as dit onderneem word deur 'n werkgewer wie se hoof operasies nie onder hierdie sub-klas val nie.
(i)Die maal, meng en verpakking van koffee, as afsonderlike besigheid; die vervaardiging, maal en verpakking van tee as 'n afsonderlike besigheid en die rooster van grondboontjies as 'n afsonderlike besigheid. Sigarette en/of tabak vervaardiging en/of verpakking insluitende alle ii operasies in die verband.
L.W. Hierdie tarief is ook van toepassing op werkgewers wie se hoof besigheid die verkoop van tee en koffee is en wie ook by die maal, meng en verpakking van hierdie produkte betrokke is.
KLAS VII - TEKSTIEL, ENS.
Die vervaardiging van komberse en soortgelyke produkte wat nie elders gemeld word nie; die vervaardiging en weef van materiaal en tekstiel. Die was van wol, die spin en/of weef van vesel; die vervaardiging van sjirurgiese verbande wat nie elders genoem word nie; die uitpluising van tekstielafval.
